Advertisement
  1. Web Design
  2. UI Design
Webdesign

8 Goue Reëls vir Beter Koppelvlak Ontwerp

by
Length:ShortLanguages:

Afrikaans (Afrikaans) translation by Mel (you can also view the original English article)

Ontwerpers moet elke dag probleme oplos, en om die regte uitweg te kry het te doen met in-diepte ondersoek en versigtige beplanning en toetsing. Dit sal goed wees om 'n een-grootte-pas-almal benadering te ontdek of 'n geheime  formule wat automaties al ons koppelvlak ontwerp probleme sou oplos.  Ons het dalk nog nie daardie antwoord nie, maar ons ken 'n paar kortpaaie wat ons soms kan gebruik.

"Heuristics" is eenvoudige en effektiewe reëls wat ons help om uitsprake te vorm en besluite te maak. Ons kan aan hulle dink asof hulle algemene riglyne in terme van UI beste praktyke is.

Nota: hierdie reëls het hul tyd en plek, en is nie 'n vervanging vir gebruikers toetsing nie.

Alhoewel Jakob Nielsen's "10 Heuristics for User Interface Design" seker die mees populêre stel van heuristics is, is daar wel ander. Ben Shneiderman het een van die beste stel riglyne vir soliede interaksie ontwerp gemaak met die naam Designing the User Interface, wat sy eie kolleksie van beginsels openbaar. Dit staan bekend as die "Agt Goue Reëls van Koppelvlak Ontwerp" Ons gaan vandag na hierdie reëls kyk.

Ben Schneiderman
Loren Terveen en Ben Shneiderman by Webshop 2011 by die Universiteit van Maryland 

1. Streef vir Konsekwentheid

Om "konsekwente koppelvakke" te ontwerp, beteken om dieselfde ontwerp patrone en die selfde aksies te gebruik vir soortgelyke situasies. Dit sluit in, maar is nie beperk tot, die regte gebruik van kleur, tipografie en terminologie in hulp skerms, opdragte en menus reg deur die gebruiker se reis.

Onthou: 'n konsekwente koppelvlak sal jou gebruikers toelaat om hul take te voltooi en hul doel baie makliker te bereik.

Namastelight by Martin Strba Style guidelines are one way to ensure consistency in your design process
Namastelight deur Martin Strba Styl riglyne is een manier om te verseker dat daar konsekwentheid in die ontwerp proses is.

2. Stel Gereelde Gebruikers in Staat om Kortpaaie te Gebruik

Gepraat van die gebruik van UI reëls as kortpaaie, jou gebruikers sal ook voordeel trek van kortpaaie, veral as hulle gereeld dieselfde aksies moet uitvoer.

Kenners mag dalk die volgende funksies hulpvol vind:

  • Afkortings
  • Funksie sleutels
  • Verskuilde Opdragte
  • Makro fasiliteite


Context menu by Khalid Hasan Zibon
Konteks menu deur Khalid Hasan Zibon

3. Offer Informatiewe Terugvoering

Jy moet jou gebruikers ingelig hou oor wat gebeur elke stap van die proses. Hierdie terugvoering moet iets beteken, relevant en duidelik wees en moet by die konteks in pas.

File upload by Antonija Vresk
Leêr oplaaiding deur Antonija Vresk

4. Ontwerp Dialoog om 'n Slot te Kry

Laat ek verduidelik. Aksies moet 'n begin, 'n middel en 'n einde hê. Sodra 'n taak klaar gemaak word, stel die gebruiker gerus deur informatiewe terugvoering te verskaf en goed gedefinieerde opsies vir die volgende stap te verskaf indien nodig. Moenie hulle laat aanhou wonder nie!

Flash message by Jose Antonio Orellana
Flits boodskap deur Jose Antonio Orellana

5. Offer Eenvoudige Fout Hantering

'n Goeie koppelvlak moet ontwerp word om foute so ver as moontlik te vermy. Maar wanneer foute wel voorkom, moet jou sisteem dit maklik kan maak vir die gebruiker om te verstaan wat die probleem is en weet hoe om dit op te los. Eenvoudige maniere om foute te hanteer sluit duidelike fout boodskappe saam met beskrywende wenke oor hoe om die probleem op te los in. 

Litmus form validation by Adnan Khan
Litmus vorm validering deur Adnan Khan

6. Laat Maklike Omkeering van Aksies toe.

Dis 'n dadelike verligting om 'n "undo" opsie te kry nadat 'n fout gemaak is. Jou gebruikers sal minder angstig wees en meer waarskynlik opsies verken as hulle weet dat daar 'n maklike manier is om hulle foute reg te maak.

Hierdie reël kan toegepas word op enige aksie, groep aksies of data inskrywing. Dit kan wees van 'n eenvoudige knoppie tot 'n hele geskiedenis van aksies.

Undo countdown by Tyler Beauchamp
Undo aftelling deur Tyler Beauchamp

7. Ondersteun Interne Lokus van Beheer

Eerste, 'n definisie:

"In persoonlikheids sielkunde, lokus van beheer is die grade wat mense glo hulle beheer oor die uitkoms van gebeure het." — Julian Rotter

Dis belangrik om beheer en vryheid aan jou gebruikers te bied sodat hulle in staat is om te voel of hulle in beheer van die sisteem is, en nie anders om nie. Vermy verrassings, onderbrekings of enige iets wat nie deur die gebruiker gevra is nie.

Gebruikers moet die aksies begin eerder as om net te reageer op hulle.

Permissions dialogs by Vlad Ponomarenko
Toelatings dialoog deur Vlad Ponomarenko

8. Verminder Kort-Termyn Geheue Lading

Ons aandag is beperk en enige iets wat ons kan doen om ons gebruikers se werk beter te maak, moet gedoen word. Dis meer eenvoudig vir ons om informasie uit te ken eerder as om dit te onthou. Hier verwys ons na een van Nielsen se beginsels wat herkenning oor geheue beskryf. As ons die koppelvlakke eenvoudig en konsekwent hou, en die patrone, standaarde en convensies volg, dra ons al klaar by tot beter verstand en gemak van gebruik.  

Daar is verskeie funksies wat ons kan bydra om ons gebruikers te help, afhangende van hul doelwitte. Byvoorbeeld, in 'n aanlyn mark omgewing, 'n lys van onlangse items wat of na gekyk is, of gekoop is.

Recently viewed contacts for Capsule by Gavin Williams
Onlangs beskoude kontakte vir Capsule deur Gavin Williams

Afsluiting

Terwyl jy altyd die heuristics gebasseerde besluite met 'n knuipie sout moet vat, om 'n stel reëls en riglyne te volg sal jou op die regte pad sit en sal jou toelaat om groot gebruikers probleme vroeg in jou ontwerp proses raak te sien. Hierdie agt beginsels is van toepassing op meeste gebruiker koppelvlakke; hulle is gebasseer op Shneiderman se eie ervaringe en is verfyn oor drie dekades. Ander, soos Jakob Nielsen en Don Norman het hierdie reëls uitgebrei en bydraes gemaak van hul eie variasies.

Jy kan ook hierdie gebruik as jou inspirasie om jou eie stel heuristics te vorm, of kombineer bestaande voorbeelde om jou eie ontwerp probleme op te los.


Advertisement
Advertisement
Looking for something to help kick start your next project?
Envato Market has a range of items for sale to help get you started.